
CENTRE

CB000 - PENTECOSTAL PEOPLE
Dr. Chris en Bettie Marx het 'n besonderse en UNIEKE versamelaarstuk bekend gestel, bevattende:
* 'n oorspronklike olieverf-skildery wat die titelsnit van hulle nuwe produksie uitbeeld: Pentecostal People
* 'n USB-stokkie met 13 liedere, wat deur hulle persoonlik geskryf en getoonset is, binne-in 'n houtboksie met 'n afdruk van die skildery
* 'n kaartjie en koevert met 'n afdruk van die skildery
Slegs 40 van hierdie "collector items" (CB001 - CB040) is beskikbaar gestel, met CB001 wat die enigste een is wat die oorspronklike olieverf-skildery bevat.​
Binne 8 dae is alles uitverkoop - SOLI DEO GLORIA!!
SOLD OUT



Songs on USB:
1. PENTECOSTAL PEOPLE (E-MOL)
2. AT CALVARY (G)
3. I ONCE WAS DOWN AND OUT (C)
4. BEYOND THE MOON (B-MOL)
5. HOW I LOVE THIS MAN WITH ALL IN ME (G)
6. EVEN WHEN I FALL (C)
7. ABRAHAM WAS WAITING FOR A CITY (E-MOL)
8. IN HIS ANOINTING (B-MOL)
9. IF HE COULD DO IT FOR THEM (B-MOL)
10. FROM LOST TO FOUND (E-MOL)
11. TO BE SAVED (C)
12. JESUS' LOVE ON THE CROSS (B-MOL)
13. HE IS MIGHTY (G)
auction closed

CB100: GOD USE A DEAD DONKEY FOR VICTORY!
Die nuwe Signature Series CB100 is hier — en dit bring iets besonders saam!
Een unieke pakket wat ’n skildery, 30 Dae GedagtesGym-boekie, kaartjie én ’n enamel beker insluit, sal op ’n spesiale veiling aangebied word.
19 bykomende pakkette is beskikbaar teen R150 elk (30 Dae GedagtesGym-boekie + kaartjie + beker). Posgeld uitgesluit.
Die veilingdatum én bestellingsopening sal binnekort aangekondig word – hou dié spasie dop!
Moenie dit misloop nie — dié versameling is vir elke ware gelowige


CB200: AMERICAN BALD EAGLE "HURRICANE"!
Met groot trots en diep waardering erken ons vandag Jaco en Annamarie Vosser as mede-stigterslede van 4HIMcrucified en onwrikbare draers van die visie waarmee hierdie bediening gebou is.
Van die eerste oomblik af het hulle hulself gerapporteer om absoluut betrokke te wees in ons media platform – altyd bereid om te dien, altyd gereed om ’n hand te gee. Sonder huiwering het hulle by elke moontlike geleentheid opgedaag om ons produksies op te neem en uit te saai – selfs in tye van siekte, krisis of persoonlike uitdagings.
Later het Annamarie ook selfstandig die streaming en editing van 4HIMcrucified en Sielskos, asook die oprigting en bestuur van ons webwerf, op haar skouers geneem. Vandag, meer as vyf jaar later, is hulle ywer steeds onverbete en loop hulle vol vreugde saam met die groei en uitbreiding van die bediening.
Al was daar tye van konflik of jaloesie van buite, het Jaco en Annamarie hul visie, roeping en fokus nooit verloor nie. Hulle staan vandag vas as pilare in die erfenis van 4HIMcrucified.
✨ In erkenning van hierdie uitstaande en lojale deelname word die CB200 American Bald Eagle – “Hurricane” (onder die woorde “Soon You Will Soar Like an Eagle”) met trots oorhandig aan Jaco en Annamarie Vosser deur Dr. Chris Marx (Skilder en Senior Pastoor) en Past. Bettie Marx.



