
DIE OPSTANDINGSKRAG
- Dr Chris Marx

- Jun 25
- 1 min read
Die opstandingskrag wat ook in ons teenwoordig is!!
Die opstandingskrag wat Jesus uit die dood opgewek het, is nie net ‘n historiese wonderwerk nie – dit is ‘n lewende krag wat vandag in elke gelowige woon. Romeine 8:11 sê dat dieselfde Gees wat Christus opgewek het, ook ons sterflike liggame lewend maak.
Hierdie krag gee ons nie net hoop vir die ewigheid nie, maar krag vir vandag: om sonde te oorwin, vrese te trotseer, genesing te ontvang, en met vrymoedigheid te leef. Dit is God se lewenskrag wat donkerte verdryf, 'n nuwe begin moontlik maak, en getuienisse bou uit gebroke lewens.
Die opstanding is nie net ‘n gebeurtenis nie – dis ’n werklikheid in ons, elke dag. Daarom kan ons leef met sekerheid, vrede en doel, want die oorwinning is reeds behaal, en daardie selfde Gees werk nou in jou. Moenie net die opstanding gedenk nie – leef dit uit!!!
Dr. Chris Marx
4HIMcrucified-Centre





Comments