GROU GATE VIR OORWINNING
- Dr Chris Marx

- Jun 27
- 1 min read
In 2 Konings 3 lees ons van ’n interessante gebeurtenis. Die Israeliete, saam met die konings van Juda en Edom, was sonder water in die woestyn. Elísa, die profeet, sê hulle moet gate grawe, al lyk dit sinneloos in ’n droë gebied. Die volgende oggend vul God bonatuurlik die gate met water – sonder dat 'n druppel reën val. Toe die vyand, die Moabiete, die volgende oggend vroeg die son op die water sien skyn, dink hulle dis bloed van ’n geveg, en hulle val die Israeliete onvoorbereid aan. Die Israeliete behaal 'n magtige oorwinning.
Soms vra God van ons om iets te doen wat ons nie verstaan nie – soos om “gate te grawe” wanneer daar geen teken van uitkoms is nie. Gehoorsaamheid, selfs sonder sigbare resultate, kan lei tot onverwagte seëninge. In ’n wêreld wat vinnige antwoorde en resultate eis, herinner hierdie verhaal van oorwinning ons daaraan om te vertrou, volhardend te werk, en te glo dat God op Sy manier en tyd sal voorsien. Die skynbaar sinnelose “gate” wat jy vandag moet grawe, kan môre die bron wees van jou oorwinning.
Dr. Chris Marx

4HIMcrucified





Comments